Paulus en Jakobus hulle skryf oor geloof en werke


“17 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. 20 Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!” (2 Korinthiërs 5:17-20 AF83)

 

“3 Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. 4 Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; 5 julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie.
6 Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys.

7 God het ons nie geroep om onsedelik te lewe nie, maar om heilig te lewe. 8 Wie hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie maar net ‘n mens nie, hy verwerp God wat ook sy Heilige Gees aan julle gegee het.

9  Oor broederliefde hoef ons nie aan julle te skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê. 10 En dit doen julle dan ook teenoor al die broers in die hele Masedonië. Ons versoek julle egter dringend, broers: Lê julle nog meer daarop toe. 11 Laat dit vir julle ‘n saak van eer wees om rustig te lewe, julle met julle eie sake besig te hou en self in julle lewensonderhoud te voorsien, soos ons dit aan julle voorgehou het. 12 Dan sal julle eerbare leefwyse die agting van die mense buite die gemeente afdwing, en julle sal van niemand afhanklik wees nie.” (1 Thessalonicense 4:3-12 AF83)

“2  My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3 want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. 4 En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.

5 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. 6 Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. 7 (1:7-1:8) So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.

8 9 ’n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het, 10 en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos ‘n veldblom.” (Jakobus 1:2-10 AF83)

“12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

13  Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. 14 Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. 15 Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.” (Jakobus 1:12-15 AF83)

“19  My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. 20 ’n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.
21 Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red. 22 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.
23 Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieël kyk: 24 hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. 25 Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen. 26 As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos. 27 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.” (Jakobus 1:19-27 AF83)

“1  My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. 2 Sê nou daar kom in julle samekoms ‘n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook ‘n brandarm man in met ou klere aan, 3 en sê nou julle maak ‘n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” 4 het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?” (Jakobus 2:1-4 AF83)

“8  As julle werklik die wet van die koninkryk van God onderhou soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself,” {Lev. 19:18} dan doen julle reg. 9 Maar as julle die mense na die uiterlike beoordeel, doen julle sonde en veroordeel die wet van God julle as oortreders. 10 As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie.

11 God wat gesê het: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie,” {Eks. 20:14; Deut. 5:18} het ook gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie.” {Eks. 20:13; Deut. 5:17} As jy nou nie egbreuk pleeg nie, maar wel moord, is jy tog ‘n oortreder van die hele wet.

12 Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vry maak. 13 Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.

14  Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ‘n geloof ‘n mens red?
15 Sê nou daar is ‘n broer of ‘n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, 16 en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?
17 So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood. 18 Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade.

19 Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook-en hulle sidder van angs. 20 Jou dwaas, wil jy ‘n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is?

21 Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie? 22 Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het. 23 So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” {Gen. 15:6} en hy is ‘n vriend van God genoem. 24 Julle sien dus dat ‘n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie.

25 Is Ragab die prostituut nie ook vrygespreek op grond van wat sy gedoen het toe sy die verkenners weggesteek en hulle met ‘n ander pad laat ontkom het nie? 26 ’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.” (Jakobus 2:8-26 AF83)

“13  Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. 14 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. 15 Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies, 16 want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. 17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. 18 Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak.” (Jakobus 3:13-18 AF83)

“1  Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? 2 Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ‘n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3 As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. 4 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van God is.
5 Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? 6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” {Vgl. Spr. 3:34}

7 Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.

8 Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. 9 Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. 10 Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

11  Moenie van mekaar kwaad praat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaad praat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. 12 Daar is egter maar een Wetgewer en Regter, en dit is Hy wat die mag het om te red en te verdelg. Maar jy, wie is jy om regter te speel oor jou naaste?” (Jakobus 4:1-12 AF83)

“7 Wag dan geduldig, broers, totdat die Here kom. Let op hoe die boer wag vir die kosbare oes wat die land oplewer. Hy wag geduldig daarvoor totdat dit die vroeë en die laat reëns gekry het. 8 Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here. 9 Moenie oor mekaar kla nie, broers, sodat julle nie veroordeel word nie. Die Regter staan al voor die deur. 10 Broers, neem die profete wat in die Naam van die Here gepraat het, as voorbeelde van lyding en geduld.” (Jakobus 5:7-10 AF83)

“12  My broers, dit is baie belangrik dat julle nie ‘n eed moet aflê nie, nie by die hemel nie, nie by die aarde nie en ook nie enige ander eed nie. As julle “ja” sê, moet dit “ja” wees; as julle “nee” sê, moet dit “nee” wees. Dan sal julle nie veroordeel word nie.

13 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy swaar kry. 14 As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. 15 En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. 16 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” (Jakobus 5:12-16 AF83)

“19 My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, 20 weet dan dat hy wat ‘n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat ‘n menigte sondes vergewe word.” (Jakobus 5:19-20 AF83)

 

*

 

+

Voogaande

Wanneer men geloof gevonden heeft door de studie van de Bijbel moet men werken van geloof verwezenlijken

+++

Addisionele leesstof

  1. Vergifnis, Vertroue en Versoening..
  2. Mijn broeder’s hoeder
  3. Droogte van die gees
  4. Dronk van skoonheid
  5. Laat die Liefde
  6. Tyd en geduld
  7. Ek dog dan hy / sy is ’n Christen
  8. Groote Kerk, die Afrikaner, versoening en nasiebou
  9. Nederigheid
  10. Nederigheid maakt je blij!
  11. St. Catharina van Siena en de onvolmaakte liefde

+++

3 thoughts on “Paulus en Jakobus hulle skryf oor geloof en werke

Geef een reactie - Give a reaction

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.