Hele Skrif deur God geïnspireer om in die waarheid te onderrig en dwaling te bestry

“Vir die koorleier. ‘n Psalm van Dawid. (19:2) Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.” (Psalms 19:1 AF83)

“1  Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: 2 “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. 3 Jy mag naas My geen ander gode hê nie.” (Exodus 20:1-3 AF83)

“Maar so sê Ek, die Here jou God: Dit sal nie plaasvind nie, dit sal nie gebeur nie,” (Jesaja 7:7 AF83)

“Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê.” (Jeremia 1:9 AF83)

“Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen.” (Johannes 14:10 AF83)

“Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.” (Efesiërs 6:17 AF83)

“Verder sê Hy: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk.” (Exodus 3:6 AF83)

“En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe.” (1 Johannes 5:20 AF83)

“”Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.”” (Openbaring 4:11 AF83)

“2 (6:1) God het vir Moses gesê: “Ek is die Here! 3 (6:2) Ek het aan Abraham, Isak en Jakob verskyn as God die Almagtige, maar my Naam, die Here, het Ek nie aan hulle bekend gemaak nie.” (Exodus 6:2-3 AF83)

“13 Jy dink dalk: wat weet God? Hy regeer uit die donkerte uit. 14 Daar is wolke rondom Hom, Hy kan nie sien terwyl Hy daar bo in die hemelgewelf wandel nie.” (Job 22:13-14 AF83)

“5 Daarna het die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja gesê: “Kom, prys die Here julle God! Hy is van ewigheid tot ewigheid.” Toe het hulle u magtige Naam geprys, verhewe bo alle lof en roem. 6 Dit is U! U alleen is Here! U het die hemel gemaak, die hoogste hemel en sy hele leërmag, die aarde en alles daarop, die oseane en alles daarin. U laat hulle almal lewe; die hemelse leërmag buig voor U. 7 U is die Here, die God wat vir Abram gekies het, hom uit Ur van die Galdeërs gebring het en sy naam Abraham gemaak het. {Vgl. Gen. 17:5}” (Nehemia 9:5-7 AF83)

“7  “Luister, my volk, Ek wil my saak stel, Ek wil teen jou getuig, Israel. Ek is God, Ek is jou God! 8 Dit is nie omdat jy nie offer dat Ek rekenskap van jou eis nie; jou brandoffers is immers gedurig voor My. 9 Ek wil geen jong bul uit jou stal hê of bokke uit jou krale nie, 10 want al die diere in die bos is Myne, die wild op duisende berge. 11 Ek ken al die voëls van die berge; al wat roer op die veld, is Myne. 12 Ek sou jou nie vra as Ek honger sou kry nie, want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My. 13 Eet Ek miskien die vleis van die bulle wat julle offer, of drink Ek die bloed van bokke? 14 Lof is die offer wat jy aan God moet bring. Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. 15 Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.” 16  Maar vir die goddelose sê God: “Waarom sê jy my voorskrifte een vir een op en beroep jy jou op my verbond, 17 jy wat ‘n afkeer het van wat Ek jou leer en jou nie steur aan wat Ek sê nie?” (Psalms 50:7-17 AF83)

“11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. 13 So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. 14 Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie.” (Efesiërs 4:11-14 AF83)

“Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie.” (1 Korinthiërs 2:1 AF83)

“9 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” {Vgl. Jes. 64:4; 52:15} en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. 10 Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.” (1 Korinthiërs 2:9-10 AF83)

“14 Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. 15 Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie. 16 Daar staan geskrywe: “Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal Hom raad gee?” {Vgl. Jes. 40:13} Maar ons, ons het die Gees van Christus.” (1 Korinthiërs 2:14-16 AF83)

“Wie kan die Gees van die Here peil, wie kan sy raadgewer wees?” (Jesaja 40:13 AF83)

“5 Nog nooit tevore in die geskiedenis is die geheimenis aan die mensdom bekend gemaak soos God dit nou deur die Gees aan sy heilige apostels en profete geopenbaar het nie. 6 En dít is die geheimenis: deur die verkondiging van die evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook mense wat nie Jode is nie, saam met ons deel van die volk van God en lede van die liggaam van Christus, en kry hulle ook saam met ons deel aan wat God belowe het.” (Efesiërs 3:5-6 AF83)

“My doel daarmee is dat hulle bemoedig moet word. Hulle moet met liefde aan mekaar verbind wees en saam strewe na diep en volledige insig, sodat hulle God se geheimenis kan ken. Die geheimenis is Christus,” (Kolossense 2:2 AF83)

“Moenie ‘n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel.” (Spreuke 23:9 AF83)

“1  Hier volg die laaste woorde van Dawid: “Dit is Dawid seun van Isai wat praat. Dit is ‘n man wat praat, een wat hoog geplaas is, die gesalfde van die God van Jakob, die gevierde in die liedere van Israel: 2 “Die Gees van die Here het deur my gepraat, ja, sy woord was op my lippe.” (2 Samuel 23:1-2 AF83)

“(1:16-1:17) “Broers, die Skrifwoord wat die Heilige Gees tevore by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het, moes vervul word. Hy is as een van ons gereken en is ook gekies om ‘n aandeel in ons werk te hê, maar hy het die gids geword van dié wat vir Jesus gevange geneem het.” (Handelinge 1:16 AF83)

“Hulle was dit nie met mekaar eens nie en het weggegaan, maar Paulus het nog eers dít vir hulle gesê: “Hoe waar is dit tog wat die Heilige Gees by monde van die profeet Jesaja vir julle voorvaders gesê het!” (Handelinge 28:25 AF83)

“Die Gees van Christus wat in hulle was, het vooruit verkondig dat Christus moet ly en daarna verheerlik sal word, en hulle het probeer naspeur wat die tyd en die omstandighede sou wees wat die Gees bedoel het.” (1 Petrus 1:11 AF83)

“20 Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, 21 want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.” (2 Petrus 1:20-21 AF83)

“en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (Johannes 14:26 AF83)

“16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, 17 sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2 Timotheüs 3:16-17 AF83)

“Ons dank God dan ook gedurig daarvoor dat julle die boodskap van God wat julle van ons gehoor het, ontvang en aangeneem het in die oortuiging dat dit nie mensewoorde is nie, maar die woord van God. En dit is ook inderdaad die woord van God, soos die uitwerking daarvan op julle wat glo, bewys.” (1 Thessalonicense 2:13 AF83)

“Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.” (Romeine 15:4 AF83)

“Hierdie dinge het oor hulle gekom as ‘n voorbeeld vir ons en is opgeskryf as ‘n waarskuwing vir ons wat die einde van die tye al beleef.” (1 Korinthiërs 10:11 AF83)

“49  Onthou tog u woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het. 50  Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou.” (Psalms 119:49-50 AF83)

“7 Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het, om insig te kry! 8 Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee. Dit sal jou ‘n man van betekenis maak as jy dit vasgryp. 9 Dit sal jou lewe versier, dit sal vir jou ‘n sierlike kroon wees.”” (Spreuke 4:7-9 AF83)

“’n Verstandige mens is op soek na kennis; ‘n dwaas voed homself met dwaasheid.” (Spreuke 15:14 AF83)

“Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ‘n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”” (Mattheüs 13:23 AF83)

“Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.” (Hebreers 5:14 AF83)

“God het aan hierdie vier jongmanne verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid. Daniël kon enige gesig of droom uitlê.” (Daniel 1:17 AF83)

“Teenoor die Here geld geen menslike wysheid, insig of besluit nie.” (Spreuke 21:30 AF83)

“Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas.” (Spreuke 19:21 AF83)

“7 Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan. 8  Onthou altyd dat Jesus Christus, ‘n nakomeling van Dawid, uit die dood opgewek is. Dit is die evangelie wat ek verkondig. 9 Vir hierdie evangelie ly ek verdrukking, selfs in boeie soos ‘n misdadiger, maar die woord van God kan nie geboei word nie. 10 Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat ook hulle die verlossing, wat daar in Christus Jesus is, en die ewige heerlikheid kan ontvang.” (2 Timotheüs 2:7-10 AF83)

“En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.” (Johannes 17:3 AF83)

“En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe.” (1 Johannes 5:20 AF83)

“2 vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. 3 So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” (1 Timotheüs 2:2-4 AF83)

*

Some standard bible translations on the bookshelf - Enige standaard Bijbelvertalingen op de boekenplank
Some standard Bible translations on the bookshelf – Enige standaard Bijbelvertalingen op de boekenplank
+
La Bible, Parole de Dieu poussés par l’Esprit-Saint pour enseigner, pour convaincre et pour corriger
Bible, God’s Word to edify (ERV)
++

Aansluitend:

  1. De heilige geest zal alle dingen welke gezegd zijn in herinnering terugbrengen
  2. Het woord van de Ware God gegeven voor wijsheid te vergaren
  3. Die helper, die heilige gees sal julle alles leer en julle herinner
  4. Der heilige Geist wird euch an alle Dinge erinnern
  5. Wahren Gott gibt sein Wort für immer Weisheit
+++

23 thoughts on “Hele Skrif deur God geïnspireer om in die waarheid te onderrig en dwaling te bestry

Geef een reactie - Give a reaction

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.