Ek sal u prys, o Jehovah, met my hele hart

 

*

Ek sal u prys, o Jehovah, met my hele hart;
Ek sal al u wonderlike werke bekend maak.
Ek sal bly wees en jubel in u,
Ek sal u naam met melodieë besing, o Allerhoogste.

*

“5  Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God. 6 Die Here het die hemel en die aarde gemaak, die see en alles daarin. Hy bly vir altyd getrou,” (Psalms 146:5-6 AF83)

“8 die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief. 9 Hy beskerm vreemdelinge en help weeskinders en weduwees, maar Hy versper die pad vir die goddeloses.” (Psalms 146:8-9 AF83)

“Al die mense wat oor is uit die volke wat teen Jerusalem opgetrek het, sal jaar na jaar kom om die Koning, die Here die Almagtige, te aanbid en om die huttefees te vier.” (Sagaria 14:16 AF83)

“As iemand hulle kwaad wil aandoen, kom daar vuur uit hulle monde uit en verteer hulle vyande. Só moet elkeen doodgemaak word wat hulle kwaad sal wil aandoen.” (Openbaring 11:5 AF83)

“’n Psalm van Dawid. Ek roep na U, Here, kom tog gou na my toe, luister tog na my, ek roep na U.” (Psalms 141:1 AF83)

“2 (142:3) ek stort my klag voor Hom uit en vertel Hom van my nood. 3 (142:4) Ek het alle moed verloor, U weet wat ek moes deurmaak. Op die pad waar ek loop, het hulle vir my ‘n strik gestel.” (Psalms 142:2-3 AF83)

“1  ’n Pelgrimslied. Kom, prys die Here, julle almal wat Hom dien, julle wat in die nag in die tempel van die Here staan! 2 Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here! 3 Mag die Here jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het.” (Psalms 134:1-3 AF83)

“Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie.” (Deuteronomium 10:17 AF83)

“1  Prys die Here, prys die Naam van die Here, prys Hom, dienaars van die Here, 2 julle wat in die tempel van die Here staan, in die voorhowe van die tempel van ons God! 3 Prys die Here, want die Here is goed, sing tot eer van sy lieflike Naam. 4 Die Here het Jakob vir Hom gekies, Israel as die volk wat Syne is. 5  Ek weet, die Here is groot, ons Here is verhewe bo al die gode. 6 Alles wat die Here wil, doen Hy, in die hemel en op aarde, in die see, in al die oseane. 7 Hy laat die wolke opkom oor die horison, Hy maak die weerligstrale vir die reën en bring die wind te voorskyn.” (Psalms 135:1-7 AF83)

“want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode.” (Psalms 95:3 AF83)

“Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode.” (Psalms 96:4 AF83)

“Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker:” (Psalms 139:14 AF83)

“1  Vir die koorleier: op die wysie van “By die dood van die seun”. ‘n Psalm van Dawid. (9:2) Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van u magtige reddingsdade vertel. 2 (9:3) Oor U wil ek my verbly en vrolik wees, u Naam wil ek besing, o Allerhoogste.” (Psalms 9:1-2 AF83)

“U het al die nasies gemaak; hulle sal voor U kom buig, Here, en aan u Naam die eer gee,” (Psalms 86:9 AF83)

“Elke nuwemaansfees en elke sabbat sal al wat leef, voor My in aanbidding kom buig, sê die Here.” (Jesaja 66:23 AF83)

“(22:8) Almal wat my sien, spot my, hulle steek vir my tong uit en knik met voldoening die kop en sê:” (Psalms 22:7 AF83)

“1  Vir die koorleier. ‘n Lied. ‘n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde! 2 Sing tot roem van sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! 3 Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk! U mag is groot, u vyande kruip voor U. 4 Alle mense moet voor U buig, hulle moet sing tot u eer, hulle moet sing tot eer van u Naam. Sela” (Psalms 66:1-4 AF83)

“Prys die Here, alle nasies, loof Hom, alle volke,” (Psalms 117:1 AF83)

“(48:11) Net soos u Naam, o God, so strek u lof oor die hele aarde. U mag het groot redding gebring.” (Psalms 48:10 AF83)

“1  Vir die koorleier. ‘n Psalm van Dawid. ‘n Lied. (65:2) Aan U, o God, kom ‘n lofsang toe in Sion: geloftes moet betaal word 2 (65:3) aan U wat die gebed verhoor. Na U toe sal alle mense kom” (Psalms 65:1-2 AF83)

“(65:14) die velde wemel van die kleinvee, die vlaktes staan vol koring; hulle juig en hulle sing.” (Psalms 65:13 AF83)

“13 Met ‘n drankoffer sal ek van sy redding getuig en die Naam van die Here aanroep. 14 My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk. 15 Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie. 16 Ek is u dienaar, Here, van my geboorte af is ek al u dienaar: U het my vry gemaak. 17 Ek wil U loof met ‘n dankoffer, ek wil die Naam van die Here aanroep. 18 My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk, 19 in die voorhowe van die huis van die Here, binne-in jou, Jerusalem! Prys die Here!” (Psalms 116:13-19 AF83)

“21 Ek sal die lof van die Here verkondig. Laat al wat leef, sy heilige Naam vir altyd prys. 146:1  Prys die Here! Ek wil die Here prys.” (Psalms 145:21-146:1 AF83)

“Ek wil die Here prys so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is.” (Psalms 146:2 AF83)

“11 maar Hy stel prys op dié wat Hom dien, dié wat hulle hoop vestig op sy trou. 12  Loof die Here, Jerusalem, prys jou God, Sion! 13 Hy het die sluitbalke van jou poorte sterk gemaak, jou inwoners geseën, 14 Hy het in jou grondgebied vrede gegee, jou met die beste graan gevoed. 15 As Hy die aarde ‘n bevel gee, word dit vinnig uitgevoer.” (Psalms 147:11-15 AF83)

“1  Prys die Here! Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! 2 Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens! 3 Prys Hom, son en maan, prys Hom, alle sterre! 4 Prys Hom, hoogste hemele, en waters in die hoë hemelruim! 5 Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en hulle is geskep; 6 Hy het hulle vir altyd hulle vaste plek gegee, vir hulle ‘n orde neergelê waarbuite hulle nie kan beweeg nie. 7  Prys die Here van die aarde af, seediere en al die oseane,” (Psalms 148:1-7 AF83)

“1  Prys die Here! Sing ‘n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars. 2 Laat Israel hom verheug in sy Maker, laat die volk van Sion jubel oor die Here hulle koning. 3 Laat hulle sy Naam prys met koordanse, laat hulle speel tot sy eer op tamboeryn en lier. 4 Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses met oorwinning. 5 Sy troue dienaars juig oor sy mag, jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê. 6  Die roem van God klink uit hulle mond, en in hulle hand is die swaard, alkante geslyp,” (Psalms 149:1-6 AF83)

“1  Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! 2 Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! 3 Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! 4 Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! 5 Prys Hom met simbale, prys Hom met galmende simbale! 6 Laat alles wat asem haal, die Here prys! Prys die Here!” (Psalms 150:1-6 AF83)

“(21:14) Laat u mag seëvier, Here, dan sal ons u krag besing en daaroor roem.” (Psalms 21:13 AF83)

“1 ¶ Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys. 2 Waarom sou die heidene kan sê: “Waar is hulle God nou?”” (Psalms 115:1-2 AF83)

“Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.” (Psalms 16:5 AF83)

“(80:19) Dan sal ons nie weer van U af wegdraai nie. Hou ons aan die lewe, dan sal ons u Naam aanroep!” (Psalms 80:18 AF83)

“(65:6) In u trou antwoord U ons met kragtige dade, o God, ons Verlosser, op wie ook die mense in afgeleë lande en op verre seë vertrou.” (Psalms 65:5 AF83)

*

Nederlandse versie: Prijs en zeg dank tot God de Allerhoogste

English version: Praise and give thanks to God the Most Highest + For Jehovah is greatly to be praised

Portion of column 19 of the Psalms Scroll (Teh...
Portion of column 19 of the Psalms Scroll (Tehilim) from Qumran Cave 11. The Tetragrammaton in paleo-Hebrew can be clearly seen six times in this portion. (Photo credit: Wikipedia)

++

Praise be to God

Song of Praise for the Elohim Set-Apart

Songs of Moses and the servants of God

Worship and worshipping

+++

10 thoughts on “Ek sal u prys, o Jehovah, met my hele hart

Geef een reactie - Give a reaction

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.